Welcome, Guest. Login / register for a free account  

Casper de Vries Gaan Groot by Kalahari Teater op George

4 November, 2010 at 10:11 pm in Garden Route News

Casper de Vries Gaan Groot by Kalahari Teater op George

Casper met Gaan Groot is op 12 en 13 November by die Kalahari Restaurant en Teater op George

Casper de Vries by Kalahari Restaurant en Teater!

Hierdie meester van komedie het die vermoeë om sy gehoor tot brekens toe te laat skater. En nou is hy vir die eerste keer in 13 jaar terug op die verhoog in sy eerste ‘stand-up’- vertoning  – net hy, ‘n mikrofoon en ‘n gehoor. Kom ervaar hierdie meester van komedie in slegs twee vertonings in die Suid-Kaap. Casper met Gaan Groot is op 12 en 13 November by die Kalahari Restaurant en Teater op George te sien. Kaartjies teen R179 is slegs by Computicket beskikbaar.

Na bykans ‘n kwarteeu in die bedryf is hy ook “Beter en Ronder” as ooit!

Sy steeds groeiende aanhang het behoorlik geskree vir ‘n nuwe konsert. Gaan Groot is hierdie komediemeester se nuutste aanbieding – ‘n omnibus van ‘stand-up’ uit sy vorige vertonings. Dit is vlymskerp, geslyp, poleer & verweef met aktuele waarnemings oor hedendaagse gebeure en universele kwessies. Nie net kan geharde aanhangers kwinkslae vanuit die laaste vier en twintig jaar se vertonings verwag nie, hul kan ook uitsien na ‘n paar onverwagse verrassings.

Casper is berug vir sy kommentaar oor dit wat almal aan die praat het – en in Gaan Groot kry alle denkbare kontroversiële onderwerpe ‘n beurt! Van Adam tot Zuma en alles tussen-in!

Dan kry Casper dit ook nog reg om ‘n paar taalkundige lesse in sy show in te werk, soos net hy dit kan doen!  Ingesluit in jou kaartjieprys kry jy ook klas in Engelse, Nederlandse en Afrikaanse spreekwoorde en vertalings om jou te laat lag, kopskud en herkou lank nadat die vertoning verby is…

Wie sou nou ooit kon raai dat dit eintlik onsedelik is om jou vuur aan die brand te steek? Casper Gaan Groot en verduidelik hierdie netelrige taalkwessies.
Kalahari Restaurant en Teater bied “Casper Gaan Groot” aan
CASPER GAAN GROOT is 100% Casper de Vries – hy keer terug na die essensie van ‘stand-up’: die show is gestroop van karakters en projektors. Dit is Casper en Casper alleen wat jou in die palm van sy hand sal hê met hierdie show – geen sensuur, geen fieterjasies, geen byvoegmiddels en definitief geen preserveermiddels – so vars soos altyd, maar met ‘n bietjie meer om die lyf! In Casper se eie woorde: “Saam met die jare kry mens wysheid, insig en vet!” Dit alles by Kalahari Restaurant en Teater

OUDERDOMSBEPERKING VIR HIERDIE TOER IS 16 (TAAL).

Tags : , , , , Print This Post

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.