Welcome, Guest. Login / register for a free account  

Toerisme Kabaret in Kalahari Teater – George

21 January, 2011 at 12:20 am in Garden Route News

Toerisme Kabaret in Kalahari Teater – George

journey-to-kannaland-

Van werkloos tot briljant en gewild! Die Kambro Diggers

Van werkloos tot briljant en gewild, dis wat die Kambro Diggers van Oudtshoorn reggekry het

Die groep wat sy ontstaan in 2000 in Oudtshoorn gehad het, is juis oppad Kaapstad toe om die publiek daar te gaan oorrompel. Hulle is vir twee vertonings by die gewilde Suidoosterfees bespreek en beplan om die gehore op 28 en 29 Januarie by die Kunstekaap na hul asems te laat snak.

Die Kambro Diggers voer die stuk “Journey to Cape Town” by die Suidoosterfees op

Die groep is die enigste in die land wat toerisme kabaret aanbied en die stuk wat hulle by die suidoosterfees opvoer is “Journey to Cape Town” wat deur Elton Landrew geskryf en geredigeer is. Hy is dieselfde man wat jare gelede baie gewild was as die jong Kat in Kat and the Kings van David Kramer en Taliep Pieterson. Die kombinasie van sy briljante talent met die talent, energie en humor van die akteurs sorg vir ‘n SUSKSES-resep wat nie misgeloop moet word nie!

“Deur die jare het ons baie versoeke van Kapenaars, wat die groep by die KKNK in aksie gesien het, gekry om daar te kom optree. En nou gee ons vir hulle die geleentheid om hul eie geskiedenis op prettige wyse aangebied te kom ervaar,” het dr Salome Combrink, stigter en beskermheer gesê.

“Journey to Cape Town” is deel van ’n reeks musical journeys deur ons land se geskiedenis. Journey to Cape Town fokus op die geskiedenis rondom Kaapstad, met kleurryke grepe uit Namakwaland en die Weskus daarby” het sy bygevoeg.

Kom geniet saam die kleurryke en avontuurlike stories en liedjies van strandlopers, spoorsnyers, slawe, vissermanne, mynwerkers, diamantsoekers

Landrew nooi dan ook die publiek om saam te kom kuier. “Volg die journeys van ‘n mensdom wie se geskiedenis tussen noord en suid van die Weskus strek. Kom geniet saam die kleurryke en avontuurlike stories en liedjies van strandlopers, spoorsnyers, slawe, vissermanne, mynwerkers, diamantsoekers – almal op soek na hoop. Hoop wat Kaap die Goeie Hoop dalk kan inhou” sê hy.

Journey to Kannaland  gaan op 1 Februarie 2011 by die Kalahari teater opgevoer word.

Suid-Kapenaars wat nie by die Suidoosterfees kan uitkom nie, hoef glad nie afgeskeep te voel nie, want direk na die Suidoosterfees kan hulle by die Kalahari-teater op George die gewilde groep in aksie sien in “Journey to Kannaland”. Dié vertoning is geskeduleer vir 1 Februarie om 18:30 vir 19:00 en kaartjies teen R30 elk is by die teater beskikbaar.

Kom lag, huil, sing en dans saam die akteurs van die verhoogstuk Journey to Kannaland

Die Kannalandstuk vervat bekende geskiedenis en staaltjies van die mense van die Klein Karoo. Kom lag, huil, sing en dans gerus saam met hierdie groep akteurs, wat almal eens op ‘n tyd werkloos was, maar wat besluit het om nie slagoffers te word nie, maar om hul koppe te lig en aan die gemeenskappe te wys dat hulle akteurs van formaat is.

Toerismerolspelers wat graag die vertoning wil bywoon en wat by die groep betrokke wil raak, kan vir Werner Rahl by Terra Firma Event op 083 444 3748 skakel of ‘n e-pos stuur aan info@terrafirmaevents.com

(Artikel Denise Lloyd) Foto: verskaf

Tags : , , , , Print This Post

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.