Stilbaai Pampoenfees
27 January, 2011 at 5:59 pm in Events / Garden Route News
Goliat van Gat Pampoenfees in Stilbaai

Dis weer tyd vir die jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees te Stilbaai op 1 en 2 April 2011.
Die fees het 6 jaar gelede as ‘n jaarlikse instelling ontstaan in die noordelike deel van ons land onder
leiding van Mnr Louis Meintjies, vise-President van die TLU op daardie stadium.
Laerskool Bertie Barnard bied Stilbaai se Pampoenfees aan
Die fees word deur die Laerskool Bertie Barnard aangebied, en fondse wat uit die Pampoenfees gemaak word,
word aangewend vir verbeteringe en ander projekte wat deur die skool geloods word om opvoeding van hulle leerders te bevorder.
Die drieledige doel van die Pampoenfees in Stilbaai
Die doel van die Pampoenfees is ook om mense na Stilbaai lok deur die Fees en sodoende te help om die stil tyd na
die gewoel van Desember bietjie te verbreek. So help die fees ook mee aan die ekonomiese groei van ons dorp.
Verder is die doel van die fees om Landbou en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan onder die breë publiek se
aandag te bring – ook die noodsaaklikheid dat ons moet plant om in die behoeftes van ons land se mense te kan voorsien.
Die fees help dan natuurlik ook Stilbaai as dorpie finansieël in die droë maande net na die Desember feesseisoen.
Aktiwieite by Stilbaai Pampoenfees
Die fees beloof om hierdie jaar weer ‘n geleentheid te wees om nie mis te loop nie. Die skool het reeds begin met
reëlings en dit beloof om weer propvol interessanthede te wees en genot vir die hele gesin te wees.
Jy kan van Veteraan-trekkeroptog, Veilings, Vleistafel, “quad bikes”, sterkmankompetisie en vele ander items te wagte wees.
Die fees is bevoorreg dat Wispernet vanjaar hul hoofborg is.
Stilbaai Pampoenfees Kompetisie
Elkeen wat saad gekoop het om van hierdie reuse pampoene te groei word outomaties ingeskryf om hul pampoene te bring,
sodat dit beoordeel kan word. Daar is verskeie afdelings waarvolgens pampoene beoordeel word, onderandere; Grootste, Lelikste,
Mooiste, Swaarste ens. 2010 se grootste pampoen wat ingeweeg was, was sowaar 284kg!! Daar is ook n kontant prys van R5000.00 te wen vir die swaarste pampoen.
Vir meer inligting kan u die Laerskool Bertie Barnard kontak op +27 (0) 28 754 1042




