Welcome, Guest. Login / register for a free account  

AGS Aloeridge Riverdal

15 February, 2011 at 9:18 am in Garden Route News

AGS Aloeridge Riverdal

Bou projek AGS gemeente

Die AGS Gemeente Riversdal, Aloeridge is ‘n gemeente wie met ons visie daarmee strewe om die Gemeenskap te dien en ook ‘n wesenlike verskil in die die Gemeenskap te maak. Onder leiding van Past. & Sus Lindsay-Ann Gertse, het die Gemeente deur die genade van die Here daarin geslaag om verskeie projekte die afgelope tien jaar te bedryf. Ongelukkig was van die projekte nie volhoudbaar nie, weens gebrek aan fondse.

Projekte waarby die AGS Gemeente Riversdal betrokke was

Van die projekte wat suksesvol bestuur was die Sopkombuis te Kwanakatula, Panorama, Môrestond en Aloeridge woonbuurt, voorsiening van kospakkies aan ge-infekteerde MIV/VIGS pasiёnte via Riversdal kliniek; geskenk pakkies aan kinders onderskeidelik Riversdal Hospitaal, een of twee plase en Kindersorg en Bolie konyn kleuter skool. Ons het ook uitgereik na Gevangenisse, skole, Ou Tehuise en Kinder Tehuise, suksesvolle vakansie uitreik programme deur ons Gemeente se Jeug, te Riversdal en Heidelberg. Dan was daar Senior Burgers uitstappies, Kinder kerk uitstappies as ook ondersteunings groep aan alle kinders wie nie suksesvol op skool is nie.

AGS Gemeente huidige projekte

Ons Gemeente, poog om ons projekte volhoudbaar te maak, daarom dat ons in proses is om ons Kerkgebou te vergroot, ‘n bussie aan te koop.

Tags : , , , , Print This Post

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.