Welcome, Guest. Login / register for a free account  

Strandloper Dierekliniek in Hartenbos gee raad!

18 April, 2011 at 11:56 am in Blog

Strandloper Dierekliniek in Hartenbos gee raad!

Siektes onder honde en katte

strandloper dierekliniek

Nes mense, is huisdiere soos honde en katte vatbaar vir ‘n aantal siekte wat wissel van minder kommerwekkende tot lewensgevaarlike siektes.

Infeksies, beserings, wanvoeding en ander omgewingstoestande by honde

Die meeste siektes by honde  is as gevolg van virale of bakteriele infeksies, beserings, wanvoeding of ander omgewingstoestande. Dit is algemeen bekend dat honde se gemiddelde lewensverwagting korter is as die van katte. Die meeste siektes wat by katte voorkom is as gevolg van infeksies, waar dit by honde geneties van aard is. Die oorsaak hiervan is omdat ‘n groter aantal honde as katte ‘n stamboom het. Honde dus is meer geneig om in te teel en is die risiko groter weens die feit gekoppel is aan  genetiese probleme wat by spesifieke rasse voorkom.

Honde is ook meer geneig om aan geestelike en fisieke gestremdheid te lei wat deur mense veroorsaak word.
Parvovirus of meer bekend as “katgriep”, hondsdolheid, bosluiskoors en velsiektes is onder andere van die aansteeklike siektes by honde.

Siektes wat as gevolg van genetiese siekte-aandoenings is, is onder andere heupwanvorming, skeletaandoenings, skildklier tekort, neurologiese probleem en ander velaandoenings.

Dierekliniek in Hartenbos

Strandloper Dierekliniek in Hartenbos ag jou troeteldier se welstand net so hoog so jyself! Inentings teen al hierdie siektes is beskikbaar by die Strandloper Dierekliniek in Hartenbos teen die virussiekte. Hul beveel gereelde ontwurming aan.
Kontak Strandloper Dierekliniek vandag nog om jou troeteldier te bring vir ‘n algemene ondersoek. Voorkoming is beter as behandeling! Tel:+27 (0) 44 695 0729

Tags : , , , , Print This Post

1 Comment → “Strandloper Dierekliniek in Hartenbos gee raad!”

  1. Ciska Serfontein

    Feb 14, 2012

    Halo daar ek soek raad asb ek het ‘n worshondjie en ek sukel verskriklik met sy vel hy krap en buit hom stukkend en hy bly ‘n reuk afgee ek kan hom vandag bad dan stink hy more weer. Sy hare bly uitval en hy kry lelike sere op sy lyf help my asb.


Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.