Strandloper Diere Kliniek in Hartenbos gee Raad en Wenke
31 May, 2011 at 11:25 pm in Garden Route News
Goeie Kommunikasie Bou Goeie Verhoudings
Goeie verhoudings tussen honde en hul eienaars is op goeie kommunikasie geskoei.
Honde gebruik liggaamsgebare of -taal om te kommunikeer, dus is dit belangrik dat jy sal leer om hierdie liggaamtaal of gebare te interpreteer. Goeie gedrag moet beloon en slegte gedrag geignoreer word.
Honde reageer op oogkontak. Leer jou jong hondjie om op jou stem te reageer deur sy naam te roep en die oomblik wat hy na jou kyk, hom te beloon (met bv ‘n klein “treat” om te eet). Deur dit enige tyd te herhaal, leer jy hom dat dit die moeite werd is om na jou te luister.
Een van die belangrikste lesse om jou hondjie te leer, is om te sit. Honde kan op enige ouderdom geleer word, solank die lesse genoeg herhaal word en die “afrigtingsessies” kort en pret is. Volg die volgende stappe om jou hondjie te leer sit :
- Hold a special treat between two fingers and place this hand close to your pet’s nose.
- Raise the hand above his nose and then backwards. Your pet’s head will follow the treat until he eventually sits because it is more comfortable.
- When this happens, say “sit” and give him the trea
- They will then learn to associate the word “sit” with the action of sitting down – voila!
Daar is ‘n baie duidelike verskil tussen honde wat afrigting ontvang het en die wat nie afgerig is nie, veral in die groot honderasse.
Laat jou hond behoorlik afrig
Al die plaaslike veeartse het die name van persone wat honde afrigting doen – dit is baie bekostigbaar en groot pret en jy pluk beslis die vrugte aan die einde van die dag.



