Welcome, Guest. Login / register for a free account  

Kom Kraak-i-Mossel by die Punt in Mosselbaai

24 August, 2011 at 8:32 am in Garden Route News

Kraak-i-Mossel Dorpsfees in Mosselbaai

Kraak-i-Mossel Dorpsfees Mosselbaai

Die gemeenskap van Mosselbaai staan in rep-en-roer want die naweek van 9 tot 11 September 2011 staan hul reg met die tweede Kraak-i-Mossel Fees hier in die pragtige kusdorp, Mosselbaai. Die fees vind plaas op die Punt Karavaan Park se terreine.

Mosselbaai Dorpsfees vind plaas in September 2011

Kraak-i-Mossel Fees
Die fees was ‘n inisiatief van Juanita Pienaar, wat navorsing gedoen het en besef het Mosselbaai is ‘n dorpie wat kan doen met nog ‘n behoorlike fees. Volgens Juanita het die naam na ‘n kopkrap-sessie ontstaan, ander voorstelle was ook onder andere die Mosselbaai Dorpsfees.
Verlede jaar wat ook die begin jaar van die Kraak-i-Mossel Fees was, het die fees ‘n besoekers tal van ongeveer 2500 gehad. Die fees was toe vier dae lank, maar het ongelukkig op dag drie uitgereën. Vanjaar bou die organiseerders voort om hierdie fees iets besonders te maak.

Kraak-i-Mossel Fees help Minderbevoorregte Gemeenskappe

Die hoof doel van die fees is egter om fondse te genereer om minderbevoorregte gemeenskappe van bystand te bied. Die organiseerders van die Kraak-i-Mossel Fees werk nou saam met groepe soos onder andere die Dynamic Dance Academy, sowel as Jounou Art Foundation, almal daarop uit om ander van hulp te wees.

Die 2011 Kraak-i-Mossel Fees gaan beslis ‘n fees wees wat jy nie wil misloop nie. Die propvol program en kwaliteit vermaak, met die brekende branders van die Punt in die agtergrond gaan alles saamspeel om ‘n besonderere fees  mee te bring.
Claude Pretorius, ‘n bekende in die vermaaklikheidswêreld in die Suidkaap sal as seromonie meester optree.

Hennie Jacobs, Diederick van 7de Laan maak ‘n draai by die Kraak-i-Mossel Fees

Bekendse soos Emo Adams, Hennie Jacobs, beter bekend as Diederik van 7de laan, Munro du Toit, so wel 4 plaaslikes van uit die Lagnes span, ‘n gewilde nuwe Kyknet produksie, sal sorg vir vermaak tydens die fees.

Hennie Jacobs by die Kraak-i-Mossel Fees

Stalletjies by die Kraak-i-Mossel Fees in Mosselbaai

Die Kraak-i-Mossel Fees gaan ook dien as ‘n platform vir plaaslike talente wat andersins nie die geleentheid sou kry om op te tree nie.
Daar gaan ‘n groot verskeidenheid stalletjies wees. Kos stalletjies met ‘n reuse verskeidenheid, van wildsdisse tot seekos, russian rolls, burgers, roomys, spookasem en vele meer. Die fees bied ook ander stalletjies aan soos kralewerke, mosaik, houtwerk, heuning ens.

kraakimossel

Kraak-i-Mossel Fees bied Vermaak vir die Jong Klomp

Daar is voorsiening gemaak vir die jongspan  en die organiseerders het ‘n groep van die Kaap gekry met die naam Blue Flame Events, wat spesifiek hier sal wees tydens die fees om die kinders te vermaak. Kinders kan van DVD Stasies, Playstation Stasie, Hansworse, Paintball, Karnaval ritte as ook ‘n mini dieretuin te wagte wees.

Tags : , , , , , , Print This Post

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.